Grignard-reagens

'n Grignard-reagens (of Grignard-verbinding) is 'n chemiese verbinding met die generiese formule R−Mg−X, waar X 'n halogeen is en R 'n organiese groep is, gewoonlik 'n alkiel of ariel. Twee tipiese voorbeelde is metielmagnesiumchloried CH3−Mg−CL en fenielmagnesiumbromied (C6H5)−Mg−Br. Dit is 'n subklas van die organomagnesiumverbindings.

Grignard-verbindings is gewilde reagense in organiese sintese om nuwe koolstof-koolstofbindings te skep. As hulle byvoorbeeld reageer met 'n ander gehalogeneerde verbinding R'-X' in die teenwoordigheid van 'n geskikte katalisator, lewer dit tipies R-R' en die magnesiumhalogenied MgXX' as 'n neweproduk. Dit is ook onoplosbaar in die oplosmiddels wat normaalweg vir sintese gebruik word.

Suiwer Grignard-reagense is uiters reaktiewe vaste stowwe. Hulle word normaalweg gehanteer as oplossings in oplosmiddels soos diëtieleter of tetrahidrofuraan; wat relatief stabiel is solank water uitgesluit word. In so 'n medium is 'n Grignard-reagens altyd teenwoordig as 'n kompleks met die magnesiumatoom wat deur koördinasiebindings aan die twee eteroksiede verbind is.

François Auguste Victor Grignard het in 1900 die reaksie wat na hom vernoem is ontdek, en is in 1912 met die Nobelprys daarvoor vereer.[1]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Nobel

Developed by StudentB